Blue Space Beach House & Beach Shack
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisherlaan 228, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Blue Space Beach House & Beach Shack is oorkant die strand in Pumula aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Verblyf word in ‘n 12 m-vakansiehuis en 'n houerhuis met pragtige see-uitsigte gebied. Die huis en houerhuis is op ’n woonerf waar die eienaars ook woon.
Blue Space Beach House is ’n skeepshouer wat in ’n oopplan-strandhuis omskep is. Daar is 2 en suite-slaapkamers, asook ’n kombuis en leefarea. Elke slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Daar is ook ’n stapelbed in die leefarea wat ideaal vir 2 kinders is. Die kombuis is met ’n gasstoof, oond, yskas, broodrooster en mikrogolfoond toegerus. Die leefarea het WiFi, ’n TV met DStv en 2 Franse-deure lei na die veranda waar daar 'n sessitple-etenstafel, bankies, 'n hangmat, draagbare braai en vuurput is.
Blue Space Beach Shack is ’n houthuis met 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n stort met 'n deursigte dak het. Die kombuis is met ’n gasstoof, yskas, mikrogolfoond en ontbythoekie, wat 'n uitsig bied, toegerus. Die sitarea het ’n TV met Netflix en gratis WiFi en Franse deure lei na ’n dek met stoele, ’n tafel en 'n 180 grade-uitsig oor die see. Onder is daar ’n ingeboude braai met sitplek en 'n hangmat.
Albei eenhede voorsien linne, ekstra komberse, badhanddoeke en toiletware. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke, houtskool en hout bring.
Daar is parkeerplek vir 4 voertuie, 2 per eenheid, op die perseel, asook 'n gemeenskaplike swembad en 'n klein speelarea vir kinders.
Die eiendom is in 'n doodloopstraat geleë wat net 6 huise het. Daar is 2 paadjies wat na die strand lei waar gaste kan visvang, branderplankry en swem. Daar is ook ‘n natuurlike rotspoel wat die kinders kan verken. KwaZulu-Natalse Suidkus staan as die Hibiskuskus bekend en die naaste winkels aan Blue Space Beach House is in Hibberdene of Umtentweni, wat sowat 11 km ver is. Let wel daar is 'n klein Superette net 'n paar minute vanaf die instansie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kingfisherlaan 228, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Blue Space Beach House & Beach Shack het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pumula Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisherlaan 228, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal