- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R531, Moriah Plaas, Deel 24, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 780 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Blyde Mountain Country House is 'n 4-ster-gastehuis wat B&B-verblyf bied. Die gastehuis is 15 km van Hoedspruit af. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing, na aan verskeie geriewe en besienswaardighede.
Verblyf by Blyde Mountain Country House bestaan uit 15 kamers wat individueel versier is met fyn afwerkings en oor 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens beskik. Die geriewe in hierdie kamers sluit lugversorging, en suite-badkamers, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in. Die kamers het of 'n uitsig oor die tuin of oor die canyon.
'n Heilsame ontbyt word op die terras voorgesit en ander heerlike maaltye kan gereël word op versoek. Die gastehuis het ook 'n groot, verhewe swembad langs 'n Maroela-boom. Ander geriewe beskikbaar op die perseel sluit braaigeriewe, 'n koffiewinkel wat oop is van Maandae tot Saterdae, en 'n speelgrond vir kinders in. Die groot perseel bied geleenthede vir heerlike wandelinge langs die rivier waar jy 'n verskeidenheid voëls en wild kan sien.
Blyde Mountain Country House is ryafstand van verskeie reservate af waar wildritte gereël kan word. Ander doendinge wat in die omgewing gereël kan word, is bootvaarte, riviervlotvaarte, warmlugballonvlugte en baie ander besienswaardighede.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Annie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Jaar gelys 9
Ligging
- R531, Moriah Plaas, Deel 24, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Blyde Mountain Country House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 30 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R531, Moriah Plaas, Deel 24, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom