Hoedspruit Akkommodasie by Blyde River Wilderness Lodge | LekkeSlaap
+57

Blyde River Wilderness Lodge

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blyde River Wilderness Lodge, Hoedspruit R527, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Blyde River Wilderness Lodge is langs die Blyderivier-canyon naby Hoedspruit geleë en is minder as 'n uur se ry van die Kruger Wildtuin se Orpen-hek af. Blyde River Wilderness Lodge is 'n grasdaklodge langs die oewers van die Blyderivier en is elke natuurliefhebber se droom. Let asseblief dat daar 'n grondpad is wat na die Lodge lei.

Verblyf word in 2 huise, 2 kothuise, 2 rondawels en 4 kamers gebied. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, kroegie en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Heerlike ontbyt is ingesluit en driegang kersligetes is as 'n ekstra beskikbaar.

Daar is 'n tradisionele boma waar gaste op koue aande die warmte van 'n houtvuur kan geniet. Gaste kan ook skemerkelkies by die swembad of 'n piekniek op die grasperk geniet. Njalas loop vrylik op die lowerryke groen gras rond en gaste kan seekoeie en krokodille van die kamers af sien. Selfsorggaste kan ook ontbyt en aandete bespreek.

Die lodge is op 'n privaat wildreservaat en gaste kan in die bos gaan stap. Daar is kameelperde, sebras, volstruise, nyalas, rooibokke, wildebeeste, bosbokke, duikers, steenbokke, waterbokke, bosvarke en vlakvarke. Die flora in die area lok ongelooflike voëlsoorte en dit is 'n wonderlike toevlugsoord vir voëlliefhebbers.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 7 resensies vir Blyde River Wilderness Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Blyde River Wilderness Lodge, Hoedspruit R527, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Blyde River Wilderness Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 350
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 350
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blyde River Wilderness Lodge, Hoedspruit R527, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKEtumlHzFIrGL3BL3RH8jXUgrYmNR1qJ3zcpGZI7OFkkn1vbjm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 Blyde River Wilderness Lodge R527 Hoedspruit 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -24.359920343295 30.816864967346
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za