Boe-Boe's Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boe-Boe's Nest is tussen Swartruggens en Koster geleë en grens aan die Elandsrivier, sowat 23 km vanaf die naaste dorp Koster. Daar is 'n grondpad wat na die eenhede lei en dis geskik vir normale motors, bakkies of 4x4's. Dit is egter nie geskik vir motors met 'n lae grondvryhoogte nie. Dié privaat vakansieplaas word deur Johann en Louise Strumpher besit.

Verblyf word aangebied in 7 selfsorg-eenhede. Dié eenhede is nie geskik vir gaste wat moeilike beweeg nie, weens trappe, klippe en steiltes. Rivierkamp beskik oor 2 chalets: Sundowner en Nest. Hierdie eenhede deel gemeenskaplike ablusiegeriewe wat net vir die gebruik van die groep is. Die eenhede deel ook 'n aparte kombuis, pragtige lapa en aparte braai-area.

Ramkat is 'n grasdakhuisie met sy eie braai-area en 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, en die ander slaapkamer 2 enkelbeddens en 'n oopplan-kombuis met 'n etenstafel vir 6 gaste het. Daar is 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en stort.

Die Dino-kamp is langs die rivier geleë en beskik oor 3 chalets. Stegi en Anky is tweeslaapkamer-chalets wat elkeen 'n kombuis, badkamer, balkon en braai-area het. Tritops is die eenslaapkamer-chalet met 'n kombuis, badkamer en braai-area.

Uitkyk en Staphuis is albei op die verhewe plato geleë. Uitkyk is 'n grasdak-chalet met slaapplek vir 5 gaste, Die chalet het 2 slaapkamers, sy eie badkamer, kombuis en braai-area. Staphuis het slaapplek vir 6 gaste en het sy eie badkamer, kombuis en leefarea. Warmwater word met behulp van 'n donkie-geyser voorsien.

Verskillende tariewe is van toepassing op verskillende chalets of kampe. Elektrisiteit is in al die chalets en kampe beskikbaar.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Wild sluit impalas, blesbokke, koedoes, njalas, springbokke en bosbokke in.

Daar is geen TV's in die chalets nie, DStv is by die swembad beskikbaar. Gaste moet hul eie dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring.

Ons laat nie meer vierwiel- of tweewiel-motorfietse toe nie. Daar is 'n swembad by Jurassic-eiland en 'n plonspoel naby Staphuis waarvan alle gaste gebruik kan maak. 'n Sirkelroete van sowat 3 km gee gaste die geleentheid om die kloof uit te klim en die Elandsrivier oor te steek. Daar is uitstekende visvangplekke met karp, baber, baars en kurper. Gaste kan hul bergfietse saambring en die gebied verken. Gaste kan ook van die putt-putt baan gebruik maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boe-Boe's Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za