Beskrywing
Hierdie privaat, romantiese kothuis bied volmaakte uitsigte oor die hele Breedevallei. Die ingeboude dubbelbed van klip is baie gewild en daar is 'n kaggel voor die bed. Die uitsig vanaf die toilet en stort spreek boekdele. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Temperatuurbeheer
Prys sluit in
Basiese selfsorg met verhit-en-eetgeriewe. Geriewe sluit 'n yskas en 'n mikrogolfoond in.
Huisreëls
Alle kothuise is toegerus met elektrisiteit.
Onthou om vuuraanstekers en hout saam te bring. Hout moet vooruit bestel word wanneer jy jou bespreking maak teen ekstra koste. Daar is 'n braairooster, maar as jy een het, bring dit asseblief saam.
Warmwatersakke word voorsien. Ekstra bedlinne en handdoeke is beskikbaar op versoek.
Onthou ook jou kamera en verkyker om die beeldskone sonsondergange en -opkomste vas te vang.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Die naaste winkel is 15 km van ons af.
Ons is 33 km van Robertson af.
Ons is 15 km van McGregor af (via grondpad).
Musiek word nie toegelaat nie, tensy jy die hele Onverwacht huur.
Na 22:00 word 'n rustiger atmosfeer verwag, aangesien ander gaste dan deur die rustigheid van die natuur omring wil word.
Gaste is ten volle verantwoordelik vir enige breekskade wat tydens hulle verblyf plaasvind.
Kansellasiebeleid
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Onverwacht, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang