Bonamanzi Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 7 Julie 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Bonamanzi is 'n privaat wildreservaat wat oor 4000 hektaar in Hluhluwe strek. Dit is 'n natuur-erfenisgebied en word beskou as die beste voëlkykbestemming in Afrika. Bonamanzi, wat "Kyk, water!" in Zulu beteken, kry sy naam by die St Lucia-meer en Hluhluwe-rivier.

Bonamanzi het volop wild, en een van die eienskappe wat ons so gewild maak is ons veiligheid - gaste kan die natuur verken en die bosveld eerstehands beleef, hetsy alleen of saam met een van ons passievolle veldgidse.

Ons het 'n wonderlike klimaat regdeur die jaar. Groot 5-entoesiaste kan hulself verlustig in die oorvloed olifante, renosters, leeus, luiperds en buffels in die nabygeleë Hluhluwe/Imfolozi Reservaat. Voëlkykers staan gewoonlik verstom voor die ryk voëllewe.

Gesinne met kinders is mal oor die feit dat verkenningstogte heeltemal veilig is. Daar is ook 'n groot verskeidenheid doendinge wat kinders se belangstelling in die natuur sal aanwakker terwyl hul ouers heerlik ontspan.

Wittebroodsduifies sal altyd die vrede, rustigheid en romanse onthou. Daar is gerieflike, elegante verblyf vir 230 gaste, toegerus met moderne geriewe en sluit en suite chalets en luukse lodges in.

Ongelooflike natuurtonele en voortreflike kookkuns sal selfs die mees oordeelkundige palet in die versoeking stel. Troues en feesvieringe is ons spesialiteit. Die pragtige natuurskoon skep die mooiste agtergrond vir ongeëwenaarde, uitstaande herinneringe van jou heuglike geleentheid.

Ons puik konferensiegeriewe kan tot 500 afgevaardigdes akkommodeer in 3 aparte lokale, afhangend van jou spesifieke behoeftes. Organiseerders, fotograwe en spesialisveldwagters fasiliteer spanbouaktiwiteite wat selfs die mees afgematte gaste sal opkikker.

Geniet eerstehandse ervarings van wild te voet, op 'n safari-voertuig of perd met behulp van veeltalige veldwagters wat sekermaak elke uitstappie is 'n belewenis. Kyk uit vir die olifante, renosters, seekoeie, kameelperde, hiënas, sebras, vlakvarke en groot verskeidenheid bokspesies. Njalas loop vryelik rond om die lodge en sorg vir groot opwinding.

Krokodilkampe, swembaddens en waterskilpadvoersessies sorg ekstra spesiale herinneringe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bonamanzi Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R440 R308 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 7 Julie 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za