Burgersfort Akkommodasie by Bonamanzi Guest House | LekkeSlaap
+18

Bonamanzi Guest House

3 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

2.1 uit 5van 3 resensies vir Bonamanzi Guest House
Netheid
2.0/5
Diens
2.3/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
2.7/5
Waarde vir geld
1.7/5
John B - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
John B
Enkelreisiger

Onaangenaam en onprofessioneel.

My vraag is: Wanneer laas het enige verteenwoordiger van Lekkeslaap die plek besoek? Glad nie soos op die webtuiste nie. Die kroeg bestaan nie en is nou stoorplek vir ou stukkende TV-stelle en ou meubels. As jy vra vir drankies het jy keuses tussen Coke, Black Label en Castle. Dis al. Geen wyn om saam met die ete te geniet nie. Die muskiete in die kamer het my lewendig opgevreet. Geen gif by ontvangs nie en ook nie in die kamer nie. Kamer is baie afgeskeep. Gordyne hang skeef. Stort was vuil. Toiletblokkies se reuk was oorweldigend naar. Halwe rol toiletpapier in toilet. Ontvangsdame vertel my hulle sal nog die kroeg opgradeer, maar die huidige kliënte en gaste wil net eet en dan kamers toe gaan. Seker maar die rede wat jy nie iets op die stoep kan drink en die rivier dophou nie. Die apies was darem oulik. Aandete bestel en meer as een uur gewag. Was darem eetbaar. Het die bier en ete kontant betaal, maar geen faktuur gekry nie. Sy het net die geld op die tafel gesit. Kon nie wag om terug te ry huis toe nie. Het nie eers gewag om ontbyt te eet nie. By die huis moes ek mooi kyk of die muskietbyte aan my sit of ek aan die muskietbyte sit.

Bonamanzi Guest House's terugvoer

Liewe John,

Baie dankie dat U die tyd geneem het om vir ons n resensie te skryf en die positiewe en negatiewe punte onder ons aandag te bring. Ons is jammer om te hoor dat U tyd by ons so onaangenaam was. Ons sal die punte met die Bestuurders op neem en sorg dat daar aandag gegee word daaraan.



Bonamanzi Guest House
Marius D - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Marius D
Enkelreisiger

Behulpsame, rustige mense.

Kamers kort net bedkassies met lampies.

Lizl V - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Lizl V
Besigheidsreis

Vir die area was dit vanpas, maar nie vir ons benodighede nie.

Die gastehuis is absoluut pragtig, maar kort beslis bietjie aandag. Die grasdakke is oortrek met spinnerakke en stof. Die kamers se mure het lanklaas 'n nat lap gesien. Die stort se krane was los en die water mors die hele badkamer vol. Die dame wat in die kombuis en die restaurant/eetsaal werk is onbehulpsaam, en rol haar oë wanneer jy haar iets vra. Ek moes haar 'n paar keer van die stoel gaan afhaal waar sy op haar selfoon sit. Hierdie gastehuis is in 'n myndorp geleë, en dit is reg vir kontrakteurs. Maar vir besigheid of familie oorblyf, sal ek dit nie aanbeveel nie.

Vanaf R780
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R780
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R780
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeuvallei, Fraaiuitzicht , Erf 11, Burgersfort, 1150, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhmODU5YTAxLWEyZDMtNGQ2MC05MTlkLTRkN2M0NzI1NDYxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R780  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 3 Leeuvallei, Fraaiuitzicht Plot 11 1150 Limpopo 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -24.675381148388 30.269138519181
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za