Bonne Esperance Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom ervaar Stellenbosch op sy beste by Bonne Esperance Guest House in die hartjie van Stellenbosch. Die elegante B&B in 'n pragtig opgeknapte Victoriaanse villa het 'n groot stoep wat reg om die huis strek, gietyster afwerkings en egte dakruiters.

Vakansiegangers en besigheidsreisigers sal gaande wees oor Bonne Esperance, aangesien dit naby die sakekern is, maar ook by die bekende Laan met eikebome en stroompies is.

Die gastehuis is in 1901 gebou en beskik steeds oor die bekoring van daardie era, maar met moderne geriewe wat bygevoeg is.

Bonne Esperance het 15 individueel versierde gastekamers. Elke kamer het lugversorging, LCD-skerm met 10 satelliet-kanale, gasvryheidskinkbord, yskassie, WiFi-toegang, haardroër en kluis.

'n Volledige ontbyt word elke oggend in ons ontbytkamer of buite op die stoep bedien.

Verwag 'n vriendelike en hartlike ontvangs van die Bonne Esperance-span!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bonne Esperance Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 195 per nag (vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za