Komatipoort Akkommodasie by Boomhuisie | LekkeSlaap
+134

Boomhuisie

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gilfillanstraat 29, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Boomhuisie bestaan uit 3 selfsorg-eenhede in Komatipoort, daar waar die Krokodil- en die Komatirivier bymekaarkom. Besienswaardighede soos die Krugerwildtuin, Kambaku Gholfklub en Mosambiek se grens is net 'n hanetreetjie van die huis af geleë.

Die huis, Boomhuisie, het 2 slaapkamers wat albei en suite-badkamers het, 'n oopplan-sitkamer en -kombuis, en 'n eetarea op die balkon. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, stoof, oond, en filterkoffiemasjien. Verder is daar 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, plafonwaaiers, 'n swembad en 'n braai-area.

Eenheid 2 beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers, waarvan 1 en suite is. Die eenheid het 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis wat buite na die swembadarea lei. Daar is lugversorging, DStv en ’n waaier.

Eenheid 3 het ’n kombuis wat goed toegerus is en dit lei na die oopplan-sitarea en -leefarea. Die eenheid het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 1 badkamer. Ander geriewe sluit WiFi, lugversorging en DStv in. Die eenheid het ook 'n privaat tuinarea.

Doendinge in die omgewing sluit gholf, visvang, 4x4, safari's en toere na die Wildtuin, vierwielmotorfietsry, swem en stap in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 30 resensies vir Boomhuisie
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Gilfillanstraat 29, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Boomhuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R950
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gilfillanstraat 29, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYwNTE1MWJjLWE3Y2EtNDUzZC05NjQwLWUyMzYyNjllZDhiOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (vir 2 persone) 30 5 1 5 29 Gilfillan Street Komatipoort 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.426407266666 31.956237015236
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za