Bos-Geluk Huis

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 15 Sep 2019.

Beskrywing

Bos-Geluk Huis is sentraal in Marlothpark geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dis maklik bereikbaar vanaf die N4 en naby verskeie doendinge, besienswaardighede en geriewe.

Daar is 3 lugversorgers in die huis en elke vertrek het 'n waaier.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en bied slaapplek aan 12 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die derde en vierde kamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer. Die vyfde kamer het 2 dubbelbeddens. 3 kamers deel een badkamer. Gehalte-matrasse, kussings en linne word voorsien en elke kamer het 'n waaier vir warm somersdae.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitkamer het oorgenoeg sitplek, lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is braaigeriewe en stoepmeubels op die stoep.
Swembad en boma braai.

Die park het verskeie geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant aan die oewer van die Krokodilrivier waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle na die diere wat kom water drink kyk.

Gaste kan sebras, bosvarke en ander wild gedurende hul verblyf besigtig. Daar is ook nagapies by die voerpunte in die aande.

Bos-Geluk Huis is sowat 100 m vanaf die grens van die Krugerwildtuin wat deur die Krokodilrivier geskei word.

Nag- en dagritte is teen bekostigbare tariewe in die park en die Krugerwildtuin beskikbaar.

Mosambiek se grens is sowat 31 km weg en Swaziland se grens is 77 km weg. Gaste kan ook die Panoramaroete by Hazyview wat 148 km weg is besoek, en dit sluit God's Window, Bourke's Luck-kolkgate by die Blyderivierspoort en Mac Mac met pragtige uitsigte in. Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop anderkant Nelspruit besigtig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bos-Geluk Huis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 180 R1 853 per nag (vir 12 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 15 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false