Boston Ivy

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Mei 2019 tot 30 Jun 2019.

Beskrywing

Boston Ivy is 'n selfsorgwoonstel wat op die eienaar se perseel in Boston, Kaapstad geleë is. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n enkelreisiger wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek en 'n sentrale punt naby verskeie geriewe.

Die woonstel is smaakvol ingerig met 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die woonstel beskik ook oor 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof met 'n oond, sowel as breekware en eetgerei. Die badkamer beskik oor 'n wasbak, stort en 'n toilet. In die leefarea is daar 2 rusbanke, wat as derde en vierde slaapplek kan dien. Die woonstel het sy eie privaat ingang en ketelbraaigeriewe.

Verder is daar DStv-premium en gratis WiFi. Dit is 'n troeteldiervriendelike woonstel vir tot 2 klein hondjies, indien vooraf gereël. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir een motor op die perseel.

Boston Ivy is naby verskeie winkelsentrums soos Tygervallei, Willowbridge en Century City geleë en is baie sentraal sodat gaste die nabygeleë wynroetes van Durbanville, Stellenbosch en die Paarl kan besoek, sowel as Kaapstad self. Die woonstel is naby 5 hospitale geleë, naamlik Tygerberg (4,7 km), Louis Leipoldt MediClinic (1,8 km), Karl Bremer (2,4 km), Bellville Mediese Sentrum - Melomed (800 m) en Panorama MediClinic (6,2 km). Ons is ook slegs 11,3 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Boston Ivy sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boston Ivy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 020 per nag (vir 4 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Mei 2019 tot 30 Jun 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za