Breede View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Breede View is 'n selfsorgvakansiehuis in Witsand, 'n sonderlinge dorpie by die mond van die Breederivier in die Wes-Kaap. Dit is bekend as die bestemming met die meeste Suidelike noorkappers aan die Suid-Afrikaanse kus, en spog met 'n 4 km-lange wit sandstrand, manjifieke Kaapse fynbos en 'n hele klomp watersportgeleenthede soos vlieërbranderry.

Die huis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n uitstekende uitsig oor die Breederivier en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Openview HD-kanale. Gaste is welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Daar is genoeg parkeerplek vir 2 voertuie en 'n boot in die straat.

Slaapplek

'n Bespreking by Breede View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Breede View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 525 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]