Breena B&B Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié gastehuis is in 'n manjifieke, tropiese tuin geleë en spog met 'n tikkie uniekheid weens die keurige Italiaanse afwerkings gekombineer met die rustieke energie van die lodge-dekor in 'n kenmerkende Afrika-styl. Dit skep die illusie van 'n eksotiese paradys in die hartjie van die stad!

Die verblyf beskik oor 8 kamers waarvan 1 'n winttebroodsuite is en 1 wat 'n backpacker-styl kamer is. Al die kamers het vol en suite-badkamers, egte rotsbaddens met badborrels wat altyd beskikbaar is, en glasstorte. Elke kamer het luukse koningingrootte-beddens en mahoniehout-kopstukke wat unieke kaste vir jou gerief wegsteek. Al die kamer het behoorlike drankiegeriewe, yskassies, ketels en 'n onbeperkte hoeveelheid koffie, tee, vars melk en koekies. Ander geriewe sluit verwarmers, waaiers, haardroërs, platskerm TV's, DVD's, DStv en WiFi in.

Breena Guest House is 'n blitsige 10 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Emperors Palace, en slegs 15 tot 20 minute se ry vanaf Eastgate Mall, Greenstone Mall of East Rand Mall waar daar filmteaters en ander vermaaklikheidsopsies is. Dit is binne loopafstand (1 km) vanaf ons winkelsentrumpie met winkels soos Spar, Fruit 'n Veg, Woolworths, apteek, Virgin Active gim en 'n verskeidenheid restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Breena B&B Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false