Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brenton Ocean Villa

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbras-straat 265, Brenton-on-Sea, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Brenton Ocean Villa is 'n selfsorg-vakansiehuis wat in Brenton-on-Sea, buite Knysna in die Wes-Kaap geleë is. Hierdie verblyf is die ideale opsie vir vriende en familie wat op soek is na 'n huis waar hulle kan ontspan.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed. Die gedeelde badkamer is ook op die boonste verdieping en het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander drie slaapkamers is onder. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer
met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien.

Die leefarea op die boonste verdieping beskik oor 'n kombuis, sitarea en 2 balkonne. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Daar is ook 'n eetarea, met 'n groot etenstafel wat na 'n onderdakstoep met buitesitplek lei. Beide die boonste en onderste sitareas het elk gemaklike rusbanke en 'n TV. Die sitarea op die boonste verdieping lei na 'n balkon met 'n etenstafel en buitemeubels. Toegang tot WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe, 'n waskamer, ononderbroke kragtoevoer en herlaaibare ligte vir kragonderbrekings. Daar is ook 'n swembad en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Vir bykomende sekuriteit het die verblyf 2 sekuriteitskameras aan die buitekant, een aan die voorkant van die huis wat na die hek en die voortuin kyk en 'n ander een wat na die swembadarea kyk. Hierdie verblyf is naby die strand, winkels, restaurante en naburige dorpe, soos Knysna.

Slaapplek

’n Bespreking by Brenton Ocean Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Steenbras-straat 265, Brenton-on-Sea, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbras-straat 265, Brenton-on-Sea, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed52ef889c79f31dcbc75d5a2ab53af1809af038e8e62d59f6c027e0380a06b71987488d77882d3c9f6e0a93e8127106a53a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 9) 265 Steenbras Street Brenton-on-Sea 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.073984205437 23.028969316113
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem