Brenwin Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brenwin Guest House is teen die hange van Seinheuwel in die byderwetse Groenpunt geleë. Brenwin is in 1830 gebou as die tuiste van die hawekaptein, en ons het die historiese aard van die gebou behou, en 'n gesellige en gerieflike atmosfeer geskep.

Akkommodasie beskik oor 'n keuse tussen dubbel- of standaard -dubbelkamers, waarvan 1 ook 'n skakeldeur na 'n enkelkamer het. Verder is daar 3 woonstelle wat 4 gaste kan akkommodeer met 'n oopplan-leefarea en -kombuis, 2 enkelbeddens en 'n slaapbank. Ons swembad-woonstel, met 'n en suite-dubbelkamer het ook 'n oopplan-leefarea en 'n -kombuis. Die woonstelle kan gehuur word as B&B- of selfsorgverblyf. Elke kamer het of 2 enkelbeddens, of 'n dubbel- of 'n koningingrootte-bed. Verder het elke kamer 'n en suite-badkamer, 'n yskassie, 'n ketel met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n satelliet-TV, 'n direkte telefoonlyn, 'n privaat muurkluis, 'n plafonwaaier en 'n verwarmer.

Die gastehuis is na aan die stadskern en die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum, net 10 minute se stap vanaf die V&A Waterfront en die Groenpunt Stadion. Daar is verder 'n gholfbaan, 'n fiksheidsentrum met tennisbane, die promenade, met van Kaapstad se beste restaurante en bistro's, nagklubs, teaters en die Pink Mile naby die gastehuis. Die gastehuis sal jou ook graag bystaan met 'n lughawependeldiens en meer inligting oor besienswaardighede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brenwin Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za