Buffaloland Safaris - Nyati Pools Camp
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffaloland Wildplaas, R40, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Buffaloland is 'n wildplaas wat deur die Vastapane-familie besit word en is in 1998 gestig om Afrika se natuurerfenis te bewaar en 'n eksklusiewe Afrika-ervaring te bied. Aangesien Buffaloland net 'n klipgooi vanaf die Krugerwildtuin is, is dit die perfekte plek om die Groot 5 te ontdek en daar is 'n rits unieke besienswaardighede in die omtrek wat onvergeetlike ervarings beloof. Aangesien daar 'n verskeidenheid wild in Buffaloland self is, is dit nét so lekker om tuis te bly en te ontspan by die watergate waar diere kom suip of op 'n opwindende wildrit te gaan.
Verblyf word aangebied in die Nyati Pools-selfsorgtentkamp onder die bome op die Mazaiembangi-rivieroewer. Die tente is gemaklik, dog ongekunsteld en bied 'n egte Afrika-ervaring.
Daar is 5 tente wat elk ingerig is met 2 enkelbeddens en oor 'n privaat dek beskik. Die tente deel die gebruik van 2 aparte badkamers, elk met 'n stort, toilet en 'n wasbak wat versteek is tussen die tente. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis naby die grasdak-eetarea, langs die vuurput en die swembad. 'n Skuilte bo die gebou bied 'n voëlvlug-uitsig van die watergat en die omliggende bome en voëllewe.
Nyati-tentkamp bring jou só naby aan die wild, dat jy hulle kan sien en hoor. Soos jy snags in die bed lê en deur die Afrika-bos besing word, sal jy uitsien na alles wat Afrika vir jou inhou vir die volgende dag en saggies wegdryf in 'n wilde Afrika-droom.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Buffaloland Wildplaas, R40, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Buffaloland Safaris - Nyati Pools Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thornybush Game Reserve Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buffaloland Wildplaas, R40, Guernsey-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom