Buffelspoort Cottages & Camping

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Buffelspoort Cottages & Camping is in ’n kloof geleë wat deur die Klein Swartberge sny.

Verblyf word op ’n vrugte- en skaapplaas gebied omtrent 30 km wes van Ladismith op die R323 en 70 km vanaf Laingsburg.

Gaste kan in die Buffelspoort Kothuis bly wat slaapplek vir 4 en elektrisiteit het, of die Slanggat Kothuis wat slaapplek vir 6 gaste het, maar geen elektrisiteit nie.

Buffelspoort Kothuis het ’n dubbelbed en stapelbed in aparte kamers. Die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak en warm water word deur ’n geiser voorsien. Die kothuis het ’n volledig toegeruste kombuis met ’n kaggel, yskas, mikrogolf en tweeplaatstoof. Beddegoed word voorsien. Buite is daar ’n onderdak-buitebraai met sitplek en ’n plonspoel.

Slanggat Kothuis is ’n rustieke, opgeknapte plaaskothuis. Die eerste kamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer beskik oor ’n dubbelbed en stapelbed langs die kombuis. Die kombuis is goed toegerus met ’n kaggel, gasyskas en tweeplaatstoof. Beddegoed word voorsien.

Gaste kan op die groot houtdek ontspan en die uitsig geniet terwyl hulle langs die plonspoel braai. Daar is ’n buitebadkamer met ’n wasbak, stort en spoeltoilet.

Gaste kan in die Buffelspoortarea voetslaan of die plaaspaaie te voet of op fietse verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buffelspoort Cottages & Camping gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za