Burlamien Blyplek
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Freesia-straat 14, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Burlamien Blyplek bied privaat gehalte-verblyf in Caledon. Dis ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers, diegene wat by familie kom kuier of op soek is na oornagverblyf. Daar is slaapplek vir 4, 2 volwassenes en 2 kinders. Die huis is lekker naby die N2, verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede.
Die woonstel is deel van die hoofhuis, maar heeltemal privaat met 'n aparte ingang. Daar is 'n ruim, sonnige kamer met 'n dubbelbed, elektriese kombers, 'n stapelbed, wasbakkie en vollengte spiëel. Alle beddens het vere-duvets. Langsaan is daar 'n badkamer met 'n stort en toilet. Seep, toiletware, handdoeke en linne word voorsien. Ekstra handdoeke en warm komberse is ook beskikbaar. Daar is 'n ingeboude kas en 'n haardroër met 'n verlengingskoord. Die kamer het 'n mikrogolfoond, yskassie en ketel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Tuisgebakte beskuit, tee, koffie, suiker en melk vir ontbyt word voorsien. Daar is 'n TV teen die muur met DStv.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek onder 'n skadunet op die perseel.
Die verblyf is 4 km vanaf Die Woud-trouvenue en 10 km vanaf The One-trouvenue. 'n Pendeldiens na en van trouvenues kan vooraf gereël word.
Burlamien Blyplek is stapafstand vanaf die Caledon Hotel, Spa en Casino asook die Victoria Mall. Die Caledon Hotel het 'n restaurant naamlik Black Sheep, warm en koue swembaddens, en ziplining en viervierlmotorfietsritte kan ook by die hotel gereël word.
Op pad na die Victoria Mall draai die pad uit na die Caledon-veldblommetuin waar gaste tot by die Vensterrots kan stap en 'n uitsig oor Caledon geniet. Die mall het 'n Pick 'n Pay, KFC, Wimpy en verskeie klerewinkels.
Caledon is sentraal geleë en net 20 minute se ry vanaf Greyton en 30 minute vanaf Hermanus via die Hemel-en-Aarde-roete.
Slaapplek
’n Bespreking by Burlamien Blyplek sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Freesia-straat 14, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Gaste dink Burlamien Blyplek het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Freesia-straat 14, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom