Bush Haven Rustenburg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bush Haven Rustenburg bied die perfekte verblyf vir sakereisigers. Die akkommodasie is gerieflik, ver van die stad se geraas en gejaag, en tog is dit net 15 minute se ry van Rustenburg se sakekern af. Ons gerieflike kamers is perfek as jy wil ontspan na 'n besige dag en het al die nodige geriewe om vir die volgende bedrywige dag voor te berei.

Bush Haven Rustenburg bied B&B-verblyf op 'n plaas in privaat besit, slegs sowat 21 km vanaf Rustenburg.

Ons bied verblyf in 6 enkelkamers, elkeen smaakvol gemeubileer. Die slaapkamers beskik elk oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, en 'n wasbak en toilet. Ander geriewe in die kamer sluit 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe in.

Ontbyt word in die eetkamer bedien en 'n heerlike aandete kan ook bedien word indien dit vooraf gereël word. Daar is ook middagete-pakkies beskikbaar, maar ons vra dat gaste ons asb. voor aankoms kontak om aand- en middagetes te bestel. Die gastehuis het ook gemeenskaplike braaigeriewe waarvan gaste gebruik kan maak en mikrogolfoonde as jy verkies om jou eie kos voor te berei. Verder is daar veilige parkeerplek agter afstandbeheer-hekke vir jou motor.

Bush Haven Rustenburg is naby die Rustenburg Gholfklub en net 15 minute se ry van die geriewe in die middedorp af. Sun City en Pilansberg Wildreservaat is ook net 45 km en 'n skamele 45 minute se ry via die ringpad weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bush Haven Rustenburg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]