10 gaste
4 slaapkamers
7 beddens
3 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - 2483 Seekoei Street, Marloth Park, 2162, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Bushveld Symphony is 'n gerieflike dubbelverdieping-selfsorghuis in Marlothpark, 'n 3000 ha-wildbewarea en vakansiedorp op die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. Die huis is ideaal vir natuurliefhebbers en die naam Bushveld Symphony moedig gaste aan om na die voëlgesang en al die geheime geluide van die nag te luister. Daar is koedoes, vlakvarke, en soms kameelperde of sebras wat besoek aflê. Drie bosbokke woon in die bos naby die eenheid en 'n pragtige muishond is ook nie skaam om homself te wys nie.
Dié huis het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed met lugversorging en 'n privaat badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, onderskeidelik. Gaste in hierdie slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dit lei na 'n privaat balkon met sitplek en 'n effense uitsig oor die rivier. Daar is ook 'n kombuis met 'n gasstoof en 'n yskas. Die boonste solderkamer is 'n oopplan-slaapkamer met 2 enkelbeddens wat ideaal is vir kinders en dit beskik ook oor 'n gehalteslaapbank en 'n skuifdeur wat na die uitkyktoring en die balkon lei.
Dié huis spog met 3 lugversorgingseenhede en het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.
Gaste kan in die swembad langs die braaiput afkoel. Die braaigeriewe sluit 'n groot rooster in wat 'n groot gesinsgroep kan akkommodeer. Daar is glas-skuifdeure wat direk na die eetkamer en kombuis lei wat kuier maklik maak. Die huis het 'n groot onderdakstoep met 'n tafel met sitplek vir 12. Daar is ook 'n swembad, braai-area en 'n uitkyktoring.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamers

Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Dienste & geriewe
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Let asseblief daarop dat harde musiek en geraas verbode is.
Geen rook word binne die huis toegelaat nie.
Neem asseblief kennis dat slegs 4 mense op 'n slag op die uitkyktoring toegelaat word, vir veiligheidsdoeleindes. Dit word op eie risiko gebruik.
Ouers moet verseker dat hul kinders die swembad veilig gebruik.
Hou asseblief 'n veilige afstand van die diere, en moenie met hulle betrokke raak nie. Koedoebulle het al baie mense seergemaak.
Voer asseblief die diere net wildkorrels of vrugte en groente.
Rapporteer asseblief enige breekskade sodat die bestuurder dit kan vervang.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Wat jy moet weet
- Bushveld Symphony
- Selfsorg
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R160 per bespreking