Calitzdorp Railway Station

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Met 'n kaartjiekantoor, safari-tente, rugsakreisigerverblyf en 'n kampeerterrein bied Calitzdorp Railway Station 'n wye verskeidenheid verblyfopsies met wingerde aan die een kant en 'n krans aan die ander. Calitzdorp Railway Station bied aan reisigers 'n idilliese ruimte om te rus voordat hulle die omliggende Roete 62 ontdek.

Vir 'n unieke ondervinding kan gaste in die outydse kaartjiekantoor bly, toegerus met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, wit katoenlinne en handdoeke, 2 kaggels en 'n volledig toegeruste, moderne kombuis. Moderne toilette en warm en koue storte in 'n gedeelde ablusieblok is net 20 tree van die eenhede af.

Die rugsakreisiger-eenheid het 2 stapelbeddens en linne word voorsien. Dit het ’n toilet en koue stort. Wanneer die rugsakreisiger-eenheid bespreek word is dit vir daardie gaste se eksklusiewe gebruik. Daar is 'n kombuisie langsaan vir die kampeerders en rugsakreisigers om te gebruik met 'n gasstoof, ketel en yskas.

Daar is 4 safari-tente is ingerig met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens met wit linne en handdoeke. Elektriese komberse kan gehuur word tydens die koue wintermaande.

Die kampeerterrein is langs die krans en is toegerus met kragpunte, water en braaiplekke. Daar is staanplek vir karavane, mobiele huise en diegene wat graag wil tent opslaan.

Die rugsakreisiger-eenheid, kampeerplekke en tente deel moderne ablusiegeriewe met warm storte asook 'n kombuisie met 'n yskas, gasstoof, ketel en eetgerei en breekware.

Daar is ook geriewe vir funksies en was al die keuse vir verfilming, troues, verjaardagnaweke, naweekwerkswinkels, motorfietsryklub-naweke, die plaaslike Port Wynfees/Winterfees in Clatizdorp en die jaarlikse Art on Track Uitstalling.

Geniet 'n drankie by Shunters, die volledig gelisensieerde kroeg nadat gaste op die trollies op die spoor geoefen het!

Die tipiese klein Karoo-dorp, Calitzdorp, is miskien die bekendste vir sy produksie van die land se beste portwyne. Queenstraat is een van die oudste strate in die dorp en noop gaste om te stap en die aantal Edwardiaanse-, Victoriaanse- en Karoo-styl geboue te sien wat grootliks deur Engelse argitektuur beïnvloed is.

Doendinge sluit wandelroetes, fietsry of draf, perdry, swem in die nabye dam en wynkelderbesoeke in die area in. Of gastkan deurry na Oudtshoorn en die volstruisplase en Kangogrotte gaan besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calitzdorp Railway Station gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za