Candlewoods Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Candlewoods Guest House skuil in Candlewoods Country Estate, Centurion, in die hartjie van 'n erfenisgebied.

Die gastehuis is in 'n Victoriaanse gebou met leidak en houtvensters. Die stylvolle interieur is versier met ryk weefstof en puik wit linne. Die gastehuis dateer uit 1859 en die plaas het aanvanklik aan Rasmus Erasmus behoort.

Die tuine word pragtig in stand gehou en die uitsig oor Centurion is uitstekend. Candlewoods Guesthouse is lekker naby Centurion Winkelsentrum, Super Sport Park , Pretoria se middestad, Midrand en Johannesburg.

Ons het 10 luukse kamers in die hoofhuis en 2 selfsorgkothuise elkeen met 3 selfsorgkamers en Provensaalse dekor.

Al die kamers het eersteklas-geriewe, soos DStv, en suite-badkamers, kroegies en koordlose internet. Rook is verbode in die kamers.

Die konferensielokaal het plek vir 22 afgevaardigdes (dit hang van die uitleg af). Halfdag-, voldag- en 24 uur-pakkette is beskikbaar. Elke konferensie word professioneel hanteer en ons blink uit in persoonlike aandag wat 'n lieflike ervaring waarborg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Candlewoods Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false