Cape Explorers Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Explorers Lodge is 'n klein B&B wat in Hunters Home in Knysna geleë is en deur die eienaar bestuur word. Dit is 'n stil area halfpad tussen die middedorp en die Knysna Koppe, waar die strandmeer die Indiese Oseaan ontmoet. Dis ideaal geleë vir toeriste, plaaslike reisigers asook sakelui wat op reis is. Almal kan van hier af die bekoring van die Tuinroete geniet.

Daar is 3 ruim en pragtige kamers beskikbaar. Elke kamer het sy eie privaat ingang en is toegerus met 'n badkamer, koffie- en teemaakgeriewe, 'n waaier, 'n kluis en 'n haardroër. Gaste kan die uitsigte van hul kamers en van die balkonne af geniet. Die kamers word daagliks skoongemaak. Gaste het toegang tot WiFi en daar is volle DStv in die gaste-sitkamer. Daar is pragtige see-uitsigte oor die strandmeer vanuit al die kamers, die dek, die eetkamer en die gaste-sitkamer.

Cape Explorers Lodge is naby die Knysna Gholfklub en die Knysna Life Privaat Hospitaal geleë. Daar is ook 3 plaaslike restaurante in die omtrek.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Explorers Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false