Cape Finest Boutique Guesthouse
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Loader Street, De Waterkant, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R2 999 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cape Finest Boutique Guesthouse bied luukse verblyf in 'n moderne area in die hartjie van Kaapstad. Die gastehuis spog met 'n sonnige dakswembadarea.
Verblyf word aangebied in 6 unieke gastekamers wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Elke kamer het lugversorging en 'n dubbelbed of 'n koninggrootte-bed. Elke kamer het ook 'n moderne badkamer met 'n stort, wasbak, toilet, haardroër, badhanddoeke en japonne. Die enigste kamer met 'n bad is Jules Verne.
Ander geriewe in elke kamer sluit 'n kluis vir waardevolle items, 'n koffiemasjien, gratis WiFi en 'n TV in. Gemeenskaplike geriewe sluit 'n gedeelde sitarea met 'n platskerm-TV met Netflix, koffie- en teemaakgeriewe, bagasiestoorplek en gratis parkeerplek in.
Alle gaste het toegang tot die dakswembadarea met sonstoele waar gaste lekker kan ontspan en die panoramiese uitsigte oor die Moederstad kan geniet.
Gaste kan ook die stad se naglewe in Langstraat geniet aangesien dit net 500 m ver is. Die V&A Waterfront is net 2,5 km van die gastehuis af en daar kan gaste heerlik gaan inkopies doen of lekker gaan uiteet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 17 Loader Street, De Waterkant, 8001, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Loader Street, De Waterkant, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang