Cape on Porterfield Unit 5
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Porterfield Road, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 188 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cape on Porterfield Unit 5 is 'n smaakvol versierde selfsorgwoonstel in die hartjie van Bloubergstrand. Dit is die ideale opsie vir 'n lieflike vakansie aan die kus in die Moederstad aangesien dit naby gewilde koffiewinkels, restaurante en kroeë is.
Hierdie boheemse woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste in hierdie kamer gebruik die tweede badkamer met 'n stort. Vars wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die skuifdeure lei na 'n balkon met sitplek en dit is die ideale plek vir 'n skemerkelkie. Hierdie kompleks is net 250 m vanaf Blouberg se strand. Gaste kan hul dae op die strand deurbring, waar gesinne, vriende, vlieërbranderryers en watersportentoesiaste die sonskyn geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 789
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 9 Porterfield Road, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Cape on Porterfield Unit 5 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Porterfield Road, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang