+30
Selfsorg in Raithby

Cape Winelands Holiday Home

6 gaste

3 slaapkamers

4 beds

3 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 1 Raithby Heights Estate, 4 Sampson Road, Raithby, 7130, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Cape Winelands Holiday Home is 'n selfsorghuis met 'n omsetter vir beurtkrag op 'n veilige landgoed in Raithby. Die eiendom is die ideale basis waarvandaan gaste die omgewing kan verken.

Die losstaande vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en het 'n privaat ingang. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers het elkeen 'n stort of 'n bad. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het lugversorging en die derde slaapkamer het 'n waaier.

Die huis het 'n ten volle toegeruste kombuis met al die nodige toestelle om maaltye voor te berei en te kook. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek, rusbanke om op te ontspan, 'n kaggel en 'n TV. WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na die erf en daar is 2 braai-areas en 'n swembad.

Parkeerplek is vir 1 of 2 voertuie op die perseel beskikbaar. Die huis is naby wynlandgoedere en wynproelokale geleë. Dis ook 15 km vanaf Stellenbosch se middedorp en 10 km vanaf Somerset-Wes waar gaste wynplase kan besoek, of fietsryroetes kan aandurf. Daar is ook talle plaaslike besienswaardighede en die eenheid is sowat 28,5 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Die eienaar woon in 'n aparte woonstel wat deel is van die huis en dit het 'n privaat ingang. Die eienaar respekteer gaste se privaatheid en is beskikbaar om hulp te verleen.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dirk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 1 Raithby Heights Estate, 4 Sampson Road, Raithby, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Winelands Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 350
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 350
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 4 350
per nag (plek vir 6)
Bespreek

1 Raithby Heights Estate, 4 Sampson Road, Raithby, 7130, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA530fbb966c4537344d75b84375ac7673e500cbff46c9cf7d3fb4e5884a032d869db686b34fd3678e73e14770720cca54cd8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 350 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 1 Raithby Heights Estate 4 Sampson Road 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.021844369181 18.803608946033

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang