Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Benri

Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cycad A 1, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Casa Benri is in Mtunzini, 'n pragtige kusdorpie aan die KwaZulu-Natalse Noordkus, gelee.
Mtunzini is 'n verklaarde natuurbewarings gebied, en is bekend vir sy ongerepte natuurskoon, asemrowende duine en uitgestrekte strande. Die aangrensende tropies-beboste natuurreservaat, mangrove strandmeer en skoon osean bied 'n ongelooflike verskeidenheid voellewe en is 'n ware hengel-paradys.
Die fietsry- en staproetes deur die diep, groen woude skep 'n gevoel van rustigheid, kalmte en veiligheid.
Mtunzini bied verskeie inkopie fasiliteite en restaurante, en geniet 'n sub-tropiese, malaria-vrye klimaat.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die Ngoye Forest Reserve, 'n voelkykers paradys en asemrowende natuurlike woud, asook verskeie wildtuine soos die Hluhluwe–Imfolozi-wildtuin, Cape Vidal, St. Lucia en historiese Eshowe in.
Mtunzini is naby gelee aan Richardsbaai, Durban, Ballito, en Gateway, en die King Shaka Internasionale Lughawe is ongeveer 100 km vanaf Mtunzini.

Casa Benri bestaan uit 5 akker natuurlike woud met reuse bome en pragtige natuurskoon wat 'n beperkte aantal gaste huisves.
Die voellewe op Casa Benri is uniek en sluit 'n wye verskeidenheid voels in, onder andere Knysna loeries, Paradysvlieevangers, Narina Trogons, en vele ander voelsoorte. Ons spog ondermeer met ons eie, uiters skaars, Southern Banded Snake-Eagle en Palm-nut vulture paartjies wat jaarliks op die perseel broei.
Die unieke privaat eiendom is binne stapafstand vanaf die dorp, met maklike toegang tot die kuswoud-staproetes, uitgestrekte strande, die Raphia Palm Monument, en 'n unieke, uitdagende gholfbaan.

Casa Benri bied vier grondverdieping selfsorg-eenhede. Dié eenhede is ideaal vir gesinne, groepe of paartjies op soek na 'n rustige sielsverrykende wegbreek in 'n pragtige natuurlike omgewing.

Elke eenheid is tenvolle toegerus met 'n individuele kombuis, sitkamer, slaapkamer/s en badkamer.
Slaapkamers is gemeubeleer met koningin grootte- en enkelbeddens. Alle eenhede is toegerus met waaiers en lugversorging, en 'n wasmasjien is beskikbaar vir gaste se gebruik.
Leefareas lei na afsonderlike beskutte stoepe en geplaveide kuier areas met braai fasiliteite. Alle eenhede is omhein en het onderdakparkeering beskikbaar.

Beddegoed, linne en handdoeke is op versoek beskikbaar

Eenhede een, twee en drie is beplan om gesamentlik (vir groter groepe), of afsonderlik gebruik te kan word, sonder om privaatheid in te boet. 'n Groep van 10 gaste kan gelyktydig in hierdie drie genoemde eenhede gehuisves word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Casa Benri
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nanto Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Cycad A 1, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Casa Benri het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cycad A 1, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA30244e6080083783045e6677ebc99e6f148c521e190758077a5bf7f5b51ddcf122e2d4c7fe1b34e062a0a14e617a3083acc7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 1 A Cycad Mtunzini 3867 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -28.966135851873 31.750530509262
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem