Milnerton Akkommodasie by Casa Branca Cottages | LekkeSlaap
+23

Casa Branca Cottages

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Algoa-weg 20, Milnerton, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R799 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Casa Branca Cottages bied selfsorg-eenhede in die woonbuurt Milnerton in Kaapstad se voorstede. Dit het die ideale ligging net 10 minute se ry vanaf Lagoon Beach en net 'n entjie se ry vanaf ander besienswaardighede in die Noordelike Voorstede. Casa Branca is ideaal vir kort sakereise of as 'n ontspannende wegbreek.

Die verblyf bestaan uit 3 kothuise en elk het slaapplek vir 1 tot 2 gaste. Hierdie kothuise is langs die eienaar de hoofhuis, maar het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek. Elke eenheid het 1 slaapkamer en 1 badkamer en 'n kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg. Linne en beddegoed word voorsien.

Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale in elke kothuis. Die gastehuis het 'n gemeenskaplike waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër, wasbak, strykyster en 'n strykplank.

Daar is ook veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Casa Branca is ook naby die MyCiTi-bushalte, Sable Square Winkelsentrum, Canal Walk Winkelsentrum en Paddocks Winkelsentrum.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir Casa Branca Cottages
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Algoa-weg 20, Milnerton, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Branca Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R799
per nag (plek vir 2)
Vanaf R799
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Algoa-weg 20, Milnerton, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAA7M0EyTpqOOmTxyEtySSILnYa7sZUBvB9qFkloTw8MRytdWYpi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R799  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 20 Algoa Road Milnerton 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.89083 18.48977
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za