Casa Cara Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Casa Cara Lodge bied 'n wye verskeidenheid verblyf, van luukse selfsorg-eenhede tot kampeerplekke wat aan die oewer van die Vaalrivier 8 km buite Parys skuil. Casa Cara Lodge is ook 'n pragtige, romantiese trou- en funksie-venue. Die venue bied 'n buitehoutdek wat oor 'n reuse-dam uitstrek en deur water omring word.

Dié lodge het slaapplek vir 32 gaste in totaal. Die selfsorgverblyf is in die lodge self en bied standaard-, deluxe- en superieure eenhede. Die eenhede het elk 'n yskas, 'n mikrogolfoond, plafonwaaier, koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n braai-area. Sekere eenhede het hul eie kuierarea buite met 'n bos-lapa en 'n kombuis.

Tentverblyf bestaan uit luukse seiltente wat beskikbaar is om te huur vir die meeste van die eenhede. Die karavaanstaanplekke spog met hul eie braai, toilet, stort, wasbak, kragpunte en visvangplek.

Casa Cara Lodge is in die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied geleë en word deur die allermooiste landskap omring. Die velde rondom die lodge spog met talle inheemse veldblomme en struike.

Daar is 'n kuierarea met 'n speelpark, swembad en 'n restaurant 700 m vanaf die verblyf. Die speelpark en gebruik van die swembad word by die tarief ingesluit. Toegang tot die dierepark is R40 per persoon.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Casa Cara Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za