Table View Akkommodasie by Casa Mia Guest House | LekkeSlaap
+29

Casa Mia Guest House

Gastehuis
Winteraanbod

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 8 Mei 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grebe-singel 11, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 340 R1 005 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Casa Mia Guest House is 'n Toskaanse gastehuis wat luukse B&B-verblyf in Kaapstad bied. Die gastehuis is op die grens van die Rietvlei Natuurreservaat met sy ryk voëllewe geleë. Jy kan flaminke, pelikane, ontelbare waadvoëls en ander voëlspesies gereeld in ons agtertuin sien. Die gastehuis bied ook pragtige ononderbroke uitsigte op Tafelberg. Casa Mia is net 20 minute vanaf die V&A Waterfront en 3 km vanaf Blouberg se strand wat gewild is onder vlieërplankryers.

Klassieke elegansie en vriendelike gasvryheid is deel van die pakket by Casa Mia Guest House. Casa Mia is 'n tuiste weg van jou eie huis en is geskik vir sakereisigers of vakansiegangers wat op soek is na 'n rustige wegbreek in Kaapstad.

Casa Mia Guest House bied verblyf in 2 Standaard suites, 3 'Executive' suites en 1 Presidensiële suite. Die Presidensiële suite het 'n groot balkon met pragtige ononderbroke uitsigte van Tafelberg. Dit is 'n B&B en al die kamers, behalwe die Presidensiële suite, is ingerig vir basiese selfsorg. Gratis WiFi is beskikbaar.

Casa Mia bedien 'n verskeidenheid ontbytopsies (à la carte), van 'n volledige Suid-Afrikaanse ontbyt tot omelette en Franse roosterbrood. Die ontbyt word elke oggend vars voorberei terwyl gaste hul ontbytgraan, vars vrugte en jogurt geniet. Halaal, Kosher of vegetariese ontbytopsies is ook op versoek beskikbaar (met 1 dag se kennisgewing).

Daar is verskeie goeie restaurante binne 3 km van die gastehuis en aflewerdienste kan wegneemetes tot by Casa Mia se voordeur bring.

Die gastehuis het 'n eerlikheidskroeg met verskeie drankies en goeie rooi- en witwyn. Daar is koeldranke, bier en appelwyn in die yskassie beskikbaar. Gaste kan snoeker of biljart op die tafel speel. Ontspan op die stoep met buitemeubels en sonstoele. As jy jou klere voor 09:00 ingee vir was, sal jy dit op dieselfde dag weer ontvang, behalwe oor naweke en op openbare vakansiedae. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Casa Mia Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Grebe-singel 11, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Mia Guest House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 340
Vanaf R1 005
per nag (vir 2 persone)
was R1 340
Vanaf R1 005
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grebe-singel 11, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1Y2FiZmQxLWE4MzItNDFlNy04MTkwLWI0YjU3ZTUwYWU5ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 340, nou Vanaf R1 005  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 11 Grebe Crescent Flamingo Vlei 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.838508975509 18.509838728836
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za