CasaMere Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

CasaMere Guest House is in die afgeleë dorpie Vanderkloof. Die gastehuis bied gehalte-selfsorgverblyf op die rand van dié veilige, klein, stil en rustige dorpie. Vanderkloof bied verskeie natuurlike en kulturele besienswaardighede, 'n merkwaardige damwal en nabygeleë dorpies om te verken.

Die verblyf is ekovriendelik en werk meestal met gas. Daar is 6 pragtige en ruim en suite-eenhede. Elke eenheid het selfsorggeriewe, soos 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, elektriese komberse, lugversorging en gratis WiFi in elke eenheid. Die eenhede het ook privaat ingange, draagbare braaigeriewe en sitplek buite.

Al die kamers is in 'n lowerryke tuin met 'n pragtige uitsig oor die dam en Karoo-plantegroei. Gaste kan heerlik in die natuurskoon ontspan en die mooie Karoo geniet.

Daar is konferensiegeriewe en oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel. Wasgeriewe met 'n wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe is op versoek beskikbaar.

Die hoogs gekwalifiseerde span is daar om te verseker dat gaste tuis voel en 'n onvergeetlike tyd het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Drankies ingesluit
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na CasaMere Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za