Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Aug 2022 tot 31 Aug 2022 gemaak.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 254 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cathedral Peak-rylaan 1, Cathedral Peak, Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 610R2 888 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cathedral Peak Hotel is sowat 255 km vanaf Durban en 400 km vanaf Johannesburg geleë en word deur 'n familie besit. Die hotel bied ongeëwenaarde toegang tot die Drakensberge - 'n Wêrelderfenisgebied. Cathedral Peak Hotel maak voorsiening vir konferensies en troues, bedien smaaklike buffet-etes en spog met hartlike gasvryheid.
Verblyf word in gesinskamers, standaardkamers, superieure kamers, wittebroodsuites en 'n presidensiële suite gebied. Elke kamer bied slaapplek aan 2 tot 4 gaste, het 'n koninggrootte-bed, dubbelbed of 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad. Kamergeriewe sluit 'n TV met sekere kanale, 'n waaier en tee- en koffiemaakgeriewe in. Sommige kamers het ook kroegies wat op versoek met voorraad gevul kan word, en privaat stoepe.
Cathedral Peak Hotel bied 'n volledig toegeruste, moderne konferensiesentrum vir 200 afgevaardigdes, en onvergeetlike plattelandse troues kan in die bekoorlike klip-en-riet-kapel gevier word. Daar word ook vir gesinne voorsiening gemaak, met 'n kindereetkamer, 'n vermaakprogram tydens seisoentyd, kinderoppassers op versoek, en 'n speelarea met 'n trampolien. Volwassenes kan die bekende Harry's Bar besoek of in die Alert's Cocktail Bar ontspan.
Die rits geriewe en aktiwiteite sluit 'n mini-avontuurgholfbaan, verhitte buiteswembaddens, tennis, muurbal, bergfietsroetes, begeleide vierwielmotorfietsritte, forelhengel, 'n woud-arena vir verfbal, en gratis, begeleide staptogte daagliks in. Daar is ook 'n uitstekende 9-putjie-gholfbaan op die hotelperseel en 'n alternatiewe afslaanbof vir 'n 18-putjie-rondte.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Reisigerstjeks
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Cathedral Peak-rylaan 1, Cathedral Peak, Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cathedral Peak Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 254 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cathedral Peak-rylaan 1, Cathedral Peak, Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom