C’est La-Vie Villa
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bosplasiesingel 3, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 810 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
C’est La-Vie Villa is 'n ruim vakansiehuis met 'n uitsig oor die welige omgewing van die Onrus-woonbuurt. Die elegante huis bied ruimte om te onthaal, 'n speletjieskamer, snoekertafel, trampolien, swembad en 'n gimnasium.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 volwassenes en 1 kind. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer op die onderste verdieping het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die gaste in die derde en die vierde slaapkamer deel 'n badkamer wat 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet het. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Ekstra geriewe sluit ingeboude braaigeriewe, 'n kaggel, buite-eetkamerstel, geriewe vir diegene wat van die huis af moet werk en WiFi.
'n Aparte woonstel aan die hoofhuis is ook beskikbaar, en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die moderne kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, lugbraaier, Nespresso-koffiemasjien, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. 'n Wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser is ook beskikbaar.
Die huis is net 'n paar treë vanaf Onrusstrand waar daar verskeie restaurante is. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by C’est La-Vie Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 53
Resensies 27
Jaar gelys 2
Ligging
- Bosplasiesingel 3, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink C’est La-Vie Villa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bosplasiesingel 3, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom