LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Chartwell House | LekkeSlaap
+38

Chartwell House

B&B
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Elizabeth-Oosstraat 55, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 075 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Chartwell House is 'n gastehuis in Port Owen, Velddrif aan die Kaapse Weskus. Dis net 140 km vanaf Kaapstad. Port Owen is 'n marina in Velddrif met 3,5 km se waterweë. Die marina word aan 3 kante met die Groot Bergrivier omring en is 1 km vanaf die hawemond waar die rivier by St. Helenabaai aansluit. Dié baai, die grootste aan die Weskus van Suid-Afrika, bied fantastiese seilomstandighede as gevolg van die beskutte natuur en ligging met betrekking tot die somerwind.

Verblyf word in 3 unieke gastekamers met 'n Weskus-tema aangebied. Elke kamer het sy eie ingang, ingeboude kaste en 'n pragtige en suite-stort met hotelgeriewe. Daar is gratis tee- en koffiemaakgeriewe en 'n lessenaar of spieëlkas met universele kragpunte. Daar is ook universele kragpunte aan weerskante van die bed met USB-koppelpunte en tweepuntproppe.

Chartwell House bied 'n volledige Engelse ontbyt elke oggend met 'n buffet van vrugte, jogurt, tuisgemaakte botterbroodjies, 'n kaasbord, graankos, sap en roosterbrood. Varkworsies, spek, gebraaide tamatie en eiers is op bestelling beskikbaar en daar is gereeld spesiale aanbiedings met wafels en pannekoek.

Ontspan saans om die vuurput en geniet 'n skemerkelkie. Onbeperkte WiFi is beskikbaar en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Die gashere, Melanie en Jeff, bied verwelkomende verblyf in 'n ongelooflike omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Elizabeth-Oosstraat 55, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 075
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 075
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Elizabeth-Oosstraat 55, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3794222f720753cedcbc7d56e5fb2a9bfc9884b54df228ee4696cc9f64cc29ed68ec44657ce171b38b9ecdb80ab2ec6a4020?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 075  per nag (plek vir 2) 55 Elizabeth East Port Owen 7365 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -32.784225631517 18.158498239217
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!