LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Chipembere Executive Suite | LekkeSlaap
+15

Chipembere Executive Suite

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Willem Botha-straat 1263, Wierda Park, Centurion, 0149, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Chipembere Executive Suite bied eksklusiewe selfsorgverblyf aan die buitewyke van Pretoria. Dis ideaal vir oordeelkundige reisigers en verseker 'n gerieflike, aangename en luukse ervaring in die natuur.

Die selfsorgsuite bied slaapplek aan tot 2 gaste en het 'n ruim oopplan-leefarea, koffietoonbank, sit- en eetarea, 'n stoep en slaaparea. Die slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n lessenaar. Verder is daar 'n ruim en suite-badkamer en aantrekkamer.

WiFi en die volledige DStv-pakket is beskikbaar. Rook is verbode in of naby die geboue op die perseel. 'n Privaat braai-area en swembad op die perseel is beskikbaar aan gaste indien vooraf gereël. Gaste kan ook refleksologiesessies op die perseel bespreek.

Geniet 'n skemerkelkie op die stoep, of vertoef 'n rukkie onder die blaredak met 'n uitsig oor die dammetjie.

Daar is veilige onderdakparkeerplek agter outomatiese hekke op die perseel, en toegang tot die suite word verkry via 'n privaat ingang. 'n Winkelsentrum met 'n supermark, OTM, apteek, drankwinkel en verskeie kitskoskettingwinkels is ook net 2 minute se stap van Chipembere af.

Chipembere Executive Suite voorsien rustige verblyf naby aan groot sakesentra, hospitale, winkelsentrums, restaurante, ander geriewe en legio besienswaardighede. Geriewe in die omgewing sluit 'n gholfbaan, Freedom Park, die Voortrekkermonument, die Wiegie van die Mensdom, Pilanesberg Nasionale Park en Wildreservaat, sowel as Sun City is maklik bereikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Chipembere Executive Suite sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Willem Botha-straat 1263, Wierda Park, Centurion, 0149, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Willem Botha-straat 1263, Wierda Park, Centurion, 0149, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA598194cf8576535c25448eb3f2ba78acf9c623ec4c3ef352bc784109bae7fe8a19f3840d6cce80169c8545e3ecb3cfa29247?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 1263 Willem Botha Street Wierda Park 0149 Gauteng 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -25.848227583441 28.143426460266
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!