Paternoster Akkommodasie by Chocolate Seahorse | LekkeSlaap
+17

Chocolate Seahorse

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 47, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Chocolate Seahorse is 'n lig, helder en ruim selfsorgstrandhuis wat 'n luukse droomvakansie beloof. Die huis is slegs 100 m vanaf die strand in Paternoster in die Weskus. Die huis het nie uitsigte nie.

Die dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir tot 7 gaste en het 4 slaapkamers waarvan 3 lugversorging het, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefkamer en -eetarea. Daar is 3 slaapkamers is op die grondvloer en 'n vierde slaapkamer op die boonste vloer. Die eerste en tweede slaapkamers beskik elk oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n enkelbed in die derde slaapkamer. Dié kamer het gebruik van 'n aparte badkamer met 'n bad. Die vierde kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Al die kamers het elektriese komberse.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n koffiemasjien. 'n Sak filterkoffie, kitskoffie, tee en suiker word voorsien. Daar is 'n aparte opwaskamer langs die kombuis met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n hout-eetkamertafel en stoele, 2 kaggels en 'n gasverwarmer. Die leefarea lei na 'n lieflike onthaalarea met braaigeriewe en 'n plonspoel.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Chocolate Seahorse sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 5 resensies vir Chocolate Seahorse
Netheid
4.0/5
Diens
4.2/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Mosselbankstraat 47, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Chocolate Seahorse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselbankstraat 47, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzOGExMjIwLWRhMDEtNDNlOS04NTFhLTQ4MWVlZTU1NmJlMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 7) 5 5 1 4 47 Mosselbank Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.806328628263 17.897824198008
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za