Chrysalis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chrysalis is 'n toevlugsoord vir natuurliefhebbers wat hou van eko-toerisme, waterski-entoesiaste, vissermanne, voëlkykers en enigiemand wat tyd in die natuur wil deurbring. Dit is teen die bekende Swartvlei-meer op 'n privaat landgoed geleë. Gaste het toegang tot die meer vanaf 2 jetties en 'n privaat lanseerarea vir jou boot. Daar is ook verskeie watersporte waaraan gaste kan deelneem.

Die losstaande huis het 2 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n groot, oopplan-leefarea wat 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer en sitkamer insluit. Groot oopvoudeure lei na die tuin en braai-area.

Daar is ook 2 swembaddens en pragtige tuine waarin kinders kan baljaar voor Ma en Pa met 'n heerlike glasie wyn in die hand die sterre sit en bewonder.

Slaapplek

'n Bespreking by Chrysalis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chrysalis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]