City of the Saints Guest Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die City of the Saints Guest Cottage se gasheer en gasvrou, Ryan en Chantelle, nooi jou uit om rustige verblyf in ons ruim gastekothuis te geniet. Die kothuis is in 'n veilige kompleks met 'n 24 uur-sekuriteitswag in Grahamstad geleë. Ons is slegs 800 m vanaf Kingswood en Graeme College, 2 km vanaf St Andrew's Prep, St Andrew's College en DSG en net 3 km van Rhodes Universiteit af. Gaste kan gerieflike verblyf van topgehalte geniet in 'n veilige omgewing.

Die kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en bestaan uit 'n oopplan-kombuis en -leefarea, 'n hoofslaapkamer en badkamer. Alle dekor, bybehore, afwerkings en meubels is versigtig gekies. Dit is elegant, modern, stylvol en perfek vir die eenheid.

Die pragtige slaapkamer is ruim en lig en bevat 'n koningingrootte-bed met 'n stylvolle kopstuk wat luuks gestoffeer is met pragtige materiaal. Bedtafeltjies is geheg aan die muur aan albei kante van die bed en elk spog met 'n hoë staanlampie. 'n Stapelbed, ideaal vir ouers met kinders, is geposisioneer teen die muur. Kraakvars, wit linne pryk op die beddens saam met 'n knus, sagte, grys kombersie. Wit met grys en silwer afwerkings is veral in die slaapkamer se dekor gebruik. Daar is 'n ingeboude kas met oorgenoeg pakplek. Die vensters het almal Venesiese blindings en die vloere is pragtig gelamineer. Die vensters by die Franse deure, wat lei na die privaat tuin, is versier met silwer gordyne.

Die moderne badkamer bevat 'n toilet, 'n ruim glasdeur-stort en 'n lieflike ingeboude wasbak met 'n geraamde spieël bo dit. Daar is 'n gas-geiser in die badkamer.

Die lieflike kombuis het ingeboude kaste en graniettoonbanke. Daar is ook 'n broodrooster en 'n ketel. Die rakke bo die kas vertoon 'n reeks glas- en breekware. Daar is 'n toonbank met 2 hipermoderne hoë kroegstoeltjies wat dien as 'n sitarea. Die kombuis is geskik vir selfsorg met 'n gasoond en stoof. Koffie en tee word voorsien en daar is 'n verskeidenheid ontbytgraan, melk en jogurt beskikbaar. 'n Verwelkomende vrugtemandjie word uitgestal op die toonbank.

Die leefarea spog met 'n gemaklik gestoffeerde rusbank en koffietafel. 'n Platskerm-TV met volle DStv is gemonteer teen die muur. 'n Gasverwarmer dien as deel van die dekor. Moderne vloerteëls word gebruik in die slaapkamer en oopplan-leefarea en -kombuis. Daar is plafonwaaiers in die kombuis en slaapkamer.

Trappies lei na 'n klein, pragtige tuintjie. 'n Tafel en 4 lieflike stoeltjies word voorsien. Gaste is welkom om die braaigeriewe te gebruik in die privaat tuin. Veilige parkeerplek van die straat af, met afstandbeheerde toegang, word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by City of the Saints Guest Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na City Of The Saints Guest Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false