Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Claptons Beach 2

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Andre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Jaar gelys 2

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 16 resensies vir Claptons Beach 2
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Ilde R - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilde R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Baie dankie vir jul vriendelikheid. Ek sal Claptons Beach 2 aanbeveel vir seker. Dit is netjies en skoon, alles wat jy benodig is daar, die uitsig is fantasties. Ek kan nie wag om weer daar te gaan bly nie. Dit was absoluut fantasties, en ons is met 'n swaar hart daar weg. Mens wil net daar bly. Baie dankie aan Andre en Ronel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Hi Ilde,

Baie dankie vir die opbouende resensie. Ons waardeer dit. Jy was 'n wonderlike gas en is enige tyd weer welkom om hier by ons in die pragtige en hoogs veilige Claptons/Marina Martinique te kom kuier.

Tot wedersiens!

A&R

Claptons Beach 2
Sunette S - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sunette S
Gesin met klein kinders

Claptons 2 is perfek vir mense met kinders.

Besonderse plek, baie lekker gewees. Als is netjies en naby aan als wat mens nodig sal hê. Die plek is ideaal ingerig en op so 'n lekker plek geleë. Jy kan op die dek sit en kinders in die swembad dophou. Die 2 kajakke se gebruik en die bootrit is so 'n lekker ekstra bederf. Die internet is ook baie vinnig en mens weet nie eers van loadshedding met die inverter nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Hi Sunette

Ons is bly dat julle Claptons en die Marina Martinique geniet het. Dit was 'n voorreg om julle te kon akkommodeer. Ook baie dankie vir die opbouende resensie, ons waardeer. Julle is enige tyd weer welkom.

Mooi loop!

A&R

Claptons Beach 2
Chantel C - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantel C
Gesin met tieners

Ongelooflik lekker kuier plek, kon nie vir beter vra nie.

Ons het die beste vakansie gehad! Andre en Ronel is hartsmense en het ons soos familie laat voel. Die huis is ongelooflik netjies met alles wat jy nodig sal hê. As jy wil tuis voel en op jou hande gedra wil word, is Claptons beach no 2 beslis die plek vir jou! Dankie Andre en Ronel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Hi Chantel

Baie dankie vir die positiewe resensie. Ons poog deurentyd om Claptons 2 'n aangename wegbreekbestemming te hou. Julle is ter enige tyd weer welkom om te kom kuier.

Groete
A&R

Claptons Beach 2
Tania J - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tania J

Onvergeetlik!

Daar is nie 'n beter plek, beter gasheer en vrou nie! Ons het absoluut niks kort gekom nie. Die eenheid en kompleks is 'n juweel! Ons is op die hande gedra en voel of ons afskeid moes neem van familie. Dankie Andre en Ronel. Julle het vir ons 'n wonderlike vakansie moontlik gemaak!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Beste Tania,

Baie dankie vir die positiewe resensie. Julle was model gaste en is ter enige tyd weer welkom hier by ons.

Groete

Claptons Beach 2
Matthew C - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Matthew C
Gesin met tieners

Excellent location and great accommodation.

Andre is an excellent host, the location and the accommodation are great. The house has everything you need and more.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Hi Matthew

Thank you for your positive review. We at Claptons 2 appreciate it. Remember your promised complimentary day of accommodation next time you visit us.

Regards
A and R

Claptons Beach 2
Danie V - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danie V
Gesin met tieners

Wat 'n verrassing! Heerlik gekuier!

Vandat ons by Clapton Beach aangekom het en ingewag was deur Andre en Ronel, het ons so tuis daar gevoel! Vriendelike mense, netjiese huis, veilige omgewing, pragtige marina met pragtige huise. Heerlik gerus en sal beslis weer kom na Clapton Beach 2!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Dankie Danie vir die positiewe en opbouende resensie.
Sien uit na julle volgende kuiertjie.

Claptons Beach 2
Eleanor L - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eleanor L
Gesin met klein kinders

Perfekte plek om net 'n bietjie rustig te raak!

Ek sal Claptons Beach 2 beslis aanbeveel. Ons het elke oomblik daar geniet. Dit is perfek geleë en baie gerieflik as jy klein kinders by jou het. Ons kan nie wag vir ons volgende besoek nie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Hi Eleanor.

Baie dankie vir die positiewe en opbouende resensie. Ons waardeer opreg!

Groete ook aan Brummer en die Woelwaters.

A&R

Claptons Beach 2
Dievan V - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dievan V
Gesin met klein kinders

Pynlik netjies, vriendelike en besorgte mense, veilig en sal verseker weer daar boek.

Ek sal nooit weer op 'n ander plek boek nie! Andre en Ronel is hartsmense, wat die heeltyd reggestaan het vir ons, plek was pynlik netjies en diens was uitstekend, ons gaan klaar boek vir volgende jaar. Puik! Ons het lekker gerus.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Beste Dievan

Ons is werklik bly dat julle dit hier by ons geniet het. Baie dankie ook vir julle positiewe en opbouende resensie. Ons waardeer opreg.

Ons sien voorwaar uit na julle volgende Wegbreek hier na ons in die pragtige Marina Martinique. Julle is meer as welkom.

Groete

Andre en Ronel

Claptons Beach 2
Louis V - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste eenheid met beste legging.

1. Toegang tot strand (nie alle eenhede by Marina Martinique bied dit nie). 2. Inverter met battery vir beurtkrag (groot bonus!). 3. Kayak beskikbaar. 4. Baie vriendelike eienaars. Kan nie verkeerd gaan om hierdie instansie te boek nie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Baie dankie Louis. Julle positiewe insette beteken baie vir ons en Claptons Beach 2. Sien uit na julle volgende wegbreek.

Groete

Claptons Beach 2
Candice B - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Candice B
Gesin met klein kinders

Lovely stay by the water.

We had a lovely stay right by the water. The owners are very welcoming and friendly. The place is clean and tidy. We enjoyed our time there.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Thank you, Candice. We appreciate.

You were wonderful guests, more than welcome to visit us again.

Regards
A@R

Claptons Beach 2
Chantal T - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantal T

Ongelooflike verblyf, mooiste uitsig en vriendelike ontvangs.

Ons is so vriendelik verwelkom deur Andre en Ronel. Hulle het ons laat voel soos deel van hulle familie. Die rit op Sopnat Sussie het ons so geniet. Die woonstel het alles wat benodig word vir 'n wonderlike wegbreek. Selfs vir my ma wat 'n elektroniese rystoel het, was dit gemaklik en lieflik. Dit was hemels.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Hi, Chantal
Baie dankie vir die positiewe resensie.
Dit beteken ongelooflik baie vir ons en Claptons 2. Ons is werklik bly dat julle dit geniet het.
Ons poog ten alle tye om net die beste aan ons gaste te bied.
Julle sal altyd welkom wees hier.

Groete en Mooi Loop!

Claptons Beach 2
Lara M - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lara M
Saam met vriende

Uitstekend!

Ons kon nie vir n beter plek vra nie! Die eenheid is ruim, netjies en toegerus met alles wat jy benodig. Die ligging is uitstekend. Die lekker groot onderdakstoep het 'n ingeboude braai (wat reeds vol hout gepak was) en is 'n katspoegie van die kanaal af en reg langs die swembad. André en Ronel het ons van die intrapslag laat welkom voel en ons selfs vir 'n bootrit op die kanaal gevat. Vet pret! Claptons 2 sien ons definitief weer! Baie goeie waarde vir jou geld.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Dankie, Lara. Julle was model gaste. Enige tyd weer welkom.

Claptons Beach 2
Raheema P - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Raheema P
Gesin met tieners

The atmosphere was very relaxed and the place was lovey.

The pool and canal within close proximity to the house. Andre and his wife Ronel was very helpful. We thoroughly enjoyed our stay. Recommend this place to anyone looking for a home away from home holiday. The kids had the option of swimming in the fresh water pool or the canal. The outside shower was a great bonus. We could also make use of the 2 canoes. We would recommend Claptons Beach 2 to anyone.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Thank you, Raheema. We appreciate it.

Claptons Beach 2
Moederick M - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Moederick M
Gesin met tieners

Excellent and friendly.

Warmly received, and assist throughout our stay.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Thank you, Moederick. We appreciate it. Looking forward to your next visit. You are more than welcome.

Claptons Beach 2
Estie M - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Estie M
Gesin met tieners

Heerlike kuier!

Andre en Ronel het uit hulle pad gegaan om ons welkom te laat voel. Die eenheid was baie netjies en skoon. Die eenheid het die mooiste uitsig oor die see en kanale. Groot bonus was die ligte en WiFi wat aanbly tydens beurtkrag. Strand, restaurante en glybaan vir kinders is stapafstand. Sal op geen ander plek in Jeffreysbaai bly as by Claptons 2. Dankie vir die heerlike verblyf.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Claptons Beach 2 se terugvoer

Beste Estie, baie dankie vir die goeie resensie. Hiervoor verdien jy beslis afslag op 'n volgende wegbreek na ons hier in die pragtige en hoogs veilige Marina Martinique Claptons Beach 2. Groete en mooi loop.

Claptons Beach 2
Chantelle V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantelle V
Gesin met tieners

Wat 'n beaut!

Die kompleks is loopafstand van die see. Eetplekkies weerskante van die kompleks. Visvang kan op die pier geskied en vanaf jou voorstoep. André en Ronel het alles wat jy aan kan dink in die huis gesit wat selfsorg 'n fees maak. Die plek is pynlik netjies, genoeg slaapplek vir almal. Hulle het selfs vir ons gaan lewensreddingsbaadjies kry vir ons 12- en 9-jarige dogters. Ons is baie vriendelik ontvang en die kompleks word baie goed versorg. Die 2 mense het diep in ons harte ingekruip. Ons verlang na die kuiers op die stoep en elke sonsondergang en -opkoms. Dankie vir alles, André en Ronel. Julle is fantastiese gashere. Ons sien julle weer in Desember.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R1 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noordelike Toegangspad 18, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08b8c2c8921cc406dbd167699675779e3c28958ad7f6636ca0d918370e6a6d79034f8aab6dfdb690f843a571c8e8512bc81e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 18 Northern Access Rd, Marina Martinique Jeffreysbay 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.076832262949 24.919804269245
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem