Clarens Cottage 2
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Hierdie bekoorlike kothuis is in Clarens geleë, wat bekend staan as die "Juweel van die Vrystaat". Dit is stapafstand van die dorp af, waar daar verskeie winkels en kunsgalerye is.
Die kothuis is stylvol versier en ideaal vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbedbed met 'n kluis en 'n haardroër in die kamer, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne, handdoeke en seep word voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas/vrieskas, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Suiker, tee en koffie word voorsien. Die eet- en sitkamer bied toegang tot die patio met 'n draagbare braai en 'n omheinde tuin.
'n Toesluitmotorhuis is ook beskikbaar. Skoonmaakdienste kan teen 'n ekstra koste op versoek gereël word.
Clarens bied die beste plek in die land om forel te vang en lok hengelaars van regoor die wêreld. Die berge is iets wat jy moet aanskou en dit bied ongelooflike staproetes en plekke waar jy kan abseil. Hier kan jy werklik die pragtige omgewing geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Lizette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 132
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Malherbestraat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Clarens Cottage 2 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom