Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eddies Guesthouse

Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jan 2024 tot 15 Des 2024.

  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 176, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 R723 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eddies Guesthouse is in die skilderagtige dorpie Clarens in die Oos-Vrystaat.

Dit is in die hoofstraat, stapafstand van die dorp se verskeie winkels, restaurante, galerye en plaaslike besienswaardighede af. Dit is gerieflik vir gaste wat die dorpie wil verken of bloot deurreis.

Die verblyf bied 3 selfsorg-eenhede en 2 enkelkamer-eenhede.

Die grootste eenheid, Anki, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die tweeslaapkamer-eenheid, June, het slaapplek vir 4 gaste en Santa, die eenslaapkamereenheid, het slaapplek vir 2 gaste. Hierdie groter eenhede het elkeen 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oond, stoof, en mikrogolfoond, asook 'n lekker kaggel.

Die 2 enkelkamer-eenhede sluit 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en 'n ketel in. Daar is ook buitesitplek met 'n uitsig.

Alle eenhede het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, 'n TV met DStv en gratis WiFi. Ander geriewe sluit gehaltelinne, skoon handdoeke, elektriese komberse en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die perseel het 'n rugsteunkragstelsel sowel as waterreserwes, wat gemaklike verblyf verseker. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel.

Die verblyf is ook net 'n kort entjie se stap vanaf die gewilde stap- en fietsroetes wat deel vorm van die Clarens Village Conservancy.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 133 resensies vir Eddies Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 133

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 176, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Eddies Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R723
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R723
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 176, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80710e29fdf2643c5c2910c67c224e5ef81bdec8f552cca417fcf4665e7554fde996185d0c848799d03b52a9719737af468a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R723 per nag (plek vir 2) 133 5 1 5 176 Main Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518201 28.418564
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem