Clarens Mews 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clarens Mews 1 is 'n gerieflike meenthuis vir 4 gaste in Clarens.

Dié meenthuis is in 'n kompleks en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die 1 slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die ander slaapkamer 'n koningingrootte-bed. Een van die badkamers het 'n bad en 'n stort, terwyl die ander slegs 'n stort het. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n vierplaatstoof, oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware toegerus, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Gratis tee, koffie, melk, suiker en sjerrie word voorsien.

Die sitkamer het 'n TV met DStv en bied toegang tot 'n stoep met 'n Weber-braai en 'n uitsig op die berg.

Parkeerplek is in die enkelmotorhuis beskikbaar, sowel as ekstra parkeerplek vir 1 ander voertuig. 'n Ekstra skoonmaakdiens is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Clarens Mews 1 is 800 m van verskillende restaurante, winkels en galerye af. Die dorp bied verskeie besienswaardighede, soos die Basotho Cultural Village, en doendinge wissel van vierwielmotorfietse, bergfietsry, wandel, voetslaan- en 4x4-roetes, asook rivier- en witwater-vlotvaart.

Slaapplek

'n Bespreking by Clarens Mews 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clarens Mews 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za