Clarens On Collett

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clarens On Collett is in die bekoorlike dorpie Clarens, in die Vrystaat geleë. Verblyf is beskikbaar in die Hoofhuis met slaapplek vir 6 gaste en 'n aparte woonstel met slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind.

Die Hoofhuis front noord en is modern en ruim met 'n uitsig op die omliggende berge en die ikoniese Mount Horeb wat uitkyk oor Clarens. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer.

Die Clarinet-woonstel is 'n privaat woonstel en beskik oor 'n kombuisie, slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die woonstel het 'n aparte ingang via die stel trappe wat vanaf die balkon lei, maar kan ook deur die Hoofhuis bereik word, indien die twee eenhede saam bespreek word.

Parkeerplek op die perseel word voorsien aan gaste. Daar is ook ander geriewe soos elektriese komberse, verwarmers, haardroërs, badhanddoeke, linne, eetgerei, breekware, braaitoerusting en komplimentêre items soos tee, koffie, suiker en melk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clarens On Collett gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za