Clifton

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie pragtige, moderne, selfsorg vakansiewoonstel het uitsigte oor Kaapstad se wêreldbekende Cliftonstrande en is geleë in 'n veilige woonstelblok enkele meters van die strand af.

Die nuut-opgeknapte, luukse eenheid is toegerus met volledige lugversorging, WiFi, 'n 40 duim sateliet-televisie wat gekoppel is aan 'n ingevoerde Vogels-steunraam wat 'n 180 grade rotasie moontlik maak, en uniek-ontwerpte uitsoekmeubels. Die woonstel het topgehalte afwerking, die badkamer is uitgevoer met Italiaanse marmer en beskik oor 'n groot raamlose glasstort en Hansgrohe-stortkoppe en -krane.

Die ingeboude kaste voorsien oorgenoeg ruimte en die ekstra-lengte koningingrootte bed bied luukse ontspanning. Die kombuis is toegerus met 'n Smeg-yskas, Siemens elektroniese keramiekstoof en 'n mikrogolfoond indien gaste 'n behoefte het om hul eie etes voor te berei. Die kombuistoonbank is afgewerk met luukse Keisersteen wat absolute skoonmaakgemak verseker en die kontemporêre LED beligting rond alles perfek af.

Die res van die woonstel is volledig toegerus met net die beste beligting en LeGrand-skakelaars wat jou toelaat om die beligting deurgaans aan te pas by jou bui. 'n Ruim balkon met 'n uitsig oor die strand is die ideale plek om te ontspan na 'n dag in die son op die strand of 'n dag van verkenningstogte in die wêreldbekende Moederstad.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clifton gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false