Clifton Spectacular Ocean View Apartment
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Victoria-weg 60, Die Clifton, Clifton, 7806, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Clifton Spectacular Ocean View Apartment is 'n selfsorgwoonstel in een van die mooiste plekke in die wêreld met 'n manjifieke kuslyn en die branders wat rustig breek in die Atlantiese Oseaan. Die woonstel is net 121 trappies bo Clifton se tweede strand geleë, en van hier af kan jy jou elke aand verwonder oor die ongelooflike sonsondergang.
Die tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 mense. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, en die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed. Elke kamer beskik oor 'n oop en suite-badkamer, waarvan 1 ingerig is met 'n stort en die ander met 'n bad.
Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, broodrooster, wynyskas, mikrogolfoond, en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 6 stoeltjies. Die leefarea bied gemaklike sitplek en het lugversorging. Dit lei ook na die balkon wat onbelemmerde uitsigte oor die strand, kranse, mense, seiljagte, en see bied. Hierdie uitsigte is ook te waardeer vanuit die hoofslaapkamer met vollengte glasdeure wat heeltemal kan oopskuif.
Clifton Spectacular Ocean View Apartment het 1 eksklusiewe aangewese parkeerplek, en die kompleks het 24 uur-sekuriteit.
Slaapplek
’n Bespreking by Clifton Spectacular Ocean View Apartment sluit in:
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Jare op LekkeSlaap 7
Ligging
- Victoria-weg 60, Die Clifton, Clifton, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Clifton Spectacular Ocean View Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clifton Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Victoria-weg 60, Die Clifton, Clifton, 7806, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom