LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Coastal Haven | LekkeSlaap
+33

Coastal Haven

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 33, Misty Cliffs, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Coastal Haven is 'n pragtige dubbelverdieping-selfsorghuis teen die see in Misty Cliffs, Kaapstad. Misty Cliffs is 'n bewarea naby Scarborough en Kommetjie, en net 45 minute se ry vanaf die V&A Waterfront en 15 minute se ry vanaf die groot winkelsentrum in Noordhoek.

Coastal Haven is 'n ruim en gerieflike huis met baie natuurlike lig en 'n mooi uitsig oor die kus. Dié huis is teen die strand en die pragtige blou Atlantiese Oseaan geleë. Daar is rotse en rotspoele om te verken en branderplankryers sal mal wees oor die branders.

Die huis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea, asook 'n aparte eetkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié slaapkamer lei na 'n balkonnetjie met 'n tafel en stoele. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort en bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea spog met gemaklike rusbanke en lei na die TV-kamer wat 'n platskerm-TV het. Dié area lei na die eetkamer waar daar 'n etenstafel vir 8 is. Dié 2 areas lei dan na 'n stoep en 'n swembad-area met stoepmeubels en 'n see-uitsig.

Kom geniet 'n rustige vakansie in dié skouspelagtige omgewing en bewonder die pragtige sonsondergange oor die see met die berge in die agtergrond.

Slaapplek

’n Bespreking by Coastal Haven sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Coastal Haven
Netheid
3.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Hoofweg 33, Misty Cliffs, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Coastal Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 33, Misty Cliffs, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA461a659e821cc4f9a1b2e56a9fe8f5ef111226bf304fa4949754ff90040ac1362e6e1343cbf43d6cbc900b9d32aef1494d01?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 8) 1 5 1 4 33 Main Road Misty Cliffs 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -34.182815919552 18.360801146825
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!