LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cock & Bull | LekkeSlaap
+26

Cock & Bull

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cock & Bull is 'n kroeg, restaurant en verblyf aan die voetheuwels van die Magaliesberge. Dit is 40 minute vanaf Pretoria, Johannesburg en Rustenburg en 7 km vanaf Hartbeespoortdam. Naweek- en oornagreisigers is meer as welkom om aan te klop. Die akkommodasie is perfek vir sakereisigers of enigeen wat van die doendinge in en om Hartbeespoort wil aanpak.

Die houthutte is gerieflik en het elk slaapplek vir 2 gaste. Die hutte het lugversorging, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Neem asb. kennis dat die kamers nie vir selfsorg toegerus is nie.

Die gastehuis het 4 kamers wat 'n sitkamer met 'n TV, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolf en 'n yskas deel. Dié kamers is langs die kroegarea, maar elke kamer het sy eie ingang. Neem asb. kennis dat die kamers nie vir selfsorg toegerus is nie.

Die 2 Kamers vir 4 is oopplan, het elk 'n en suite-badkamer en is perfek vir gesinne met klein kindertjies in bababedjies of 'n groep vriende. Die kamers het lugversorging, mikrogolwe en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kamers is nie toegerus vir selfsorg nie, maar is ideaal vir gerieflike en bekostigbare oornagverblyf. Etes en drinkgoed kan by die restaurant bestel word. Ontbyt, middagete en aandete word daagliks bedien van 09:00 tot 20:00, op Maandae net tot 18:00 en Sondae net tot 17:00. Ontbyt is nie ingesluit by die tariewe nie, maar verniet pap word voorsien in die eetkamer en gaste kan dit wel teen 'n ekstra koste bestel.

Die hooftrekpleiser op die perseel is die Cock & Bull kroeg en restaurant en bied heerlike vleis en tuisgemaakte pasteie en skyfies. Die restaurant het gratis WiFi en 'n helder swembad wat alle gaste kan gebruik. Braai en spitbraaigeriewe is ook beskikbaar.

Pasgemaakte pakkette is beskikbaar en is baie gewild onder kontrakteurs van regoor die land wat in die omgewing moet kom werk. Langtermyn-verblyf sluit alle etes, wasgoeddienste, WiFi en die gebruik van die klein konferensiegeriewe in. Weeklikse en maandelikse pakkette is beskikbaar. Die restaurant kan voorsiening maak vir spesiale voedingsvereistes.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 108 resensies vir Cock & Bull
Netheid
4.1/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Cock & Bull het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyY2M3ODMwLWUxNTMtNGI1Ni05YjhiLTliYzk5MWQ4ZDIyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750  per nag (plek vir 2) 108 5 1 5 R512 Hartbeespoort 0280 Noordwes 086 999 0018 12:00-20:00 10:00 -25.719483 27.780981
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!