LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Colourful Manor Luxury Lodge | LekkeSlaap
+42

Colourful Manor Luxury Lodge

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sweetwatersweg 28 vanaf Sirr Lowry's Pass-weg, Plaas 959, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 3
  • Vanaf R1 316 R1 053 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Bokant die stranddorp Gordonsbaai op 'n ruim strook fynbos van 4 hektaar sit die Colourful Manor Luxury Lodge. Hier kan gaste die ongerepte natuurlike omgewing geniet terwyl hulle alle geriewe byderhand het. Colourful Manor Luxury Lodge is gerieflik naby winkelsentrums, restaurante en kulturele sentrums, maar dit is die asemrowende natuurlike omgewing wat elke besoeker se hart sal steel.

Die suites is met soveel as moontlik gemak in gedagte ontwerp. Die onderbeklemtoonde dekor bied eenvoudige luuksheid terwyl die asemrowende omgewing uitstaan met die patios, privaat ingange vir die gastekamers en panoramiese uitsigte. Die ruim en unieke kamers en suites het ekstra lang koninggrootte- en 2 enkelbeddens, reuse duvets, lakens en komberse van hoë gehaltesykatoen. Elke suite het 'n ruim en suite-badkamer met 'n reënstort, digitale kluis, haardroër, donsige handdoeke, kamerjaponne, pantoffels en luukse bad- en lyfprodukte. Die wittebroodsuite het ekstra geriewe soos 'n groot kaggel en 'n fantastiese panoramiese uitsig op die berge en oor Valsbaai. Daar is tydskrifte en 'n kaart met inligting oor die omgewing in al die kamers.

Colourful Manor Luxury Lodge het slaapplek vir 22 gaste en geriewe kan vir eksklusiewe funksies of vir konferensiedoeleindes bespreek word. Dit bied 'n ideale wegbreekplek aan gholfspelers, wynliefhebbers, kosfynproewers en natuurliefhebbers op soek na 'n uitstekende vlak van diens, hoë gehalteverblyf en 'n stil, vreedsame wegbreek van die gewoel en wemel van die alledaagse lewe. Dis die ideale plek om vir 'n langer tydperk te bly aangesien gaste die Wynlande, Hermanus, Franschhoek en die Overberg kan verken!

Kenmerke

Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 6 resensies vir Colourful Manor Luxury Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Sweetwatersweg 28 vanaf Sirr Lowry's Pass-weg, Plaas 959, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
  • Gaste dink Colourful Manor Luxury Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 316
Vanaf R1 053
per nag (vir 2 persone)
was R1 316
Vanaf R1 053
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sweetwatersweg 28 vanaf Sirr Lowry's Pass-weg, Plaas 959, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 3
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5S9TK272d7M38mLWYeZr2QC537CY6yoMRUjFrzOjITOvsZDsNX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 316, nou Vanaf R1 053  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 28 Sweetwaters Road, off Sir Lowry's Pass Road Farm 959 7150 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.146800317071 18.905056715011
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!