Cosy-Corner Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cosy-Corner Gastehuis is in 'n koel, rustige tuin met uitsig oor die Outeniekwaberge geleë en word deur die eienaar bestuur.

Verblyf word in 6 kamers met dubbel-, enkel- of koninggrootte-beddens en en suite-badkamers aangebied. Elke kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, kluise en TV's met SABC 1, 2, 3, eTV en 2 DStv-kanale. Parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar. Die gastehuis bied uitstekende gasvryheid, gerieflike kamers en skoon badkamers.

Ná 'n goeie nagrus word gaste wakker met voëlgesang vanuit die tuin. 'n Smullekker ontbyt word in die eetkamer teen ekstra koste bedien.

Dié siersteenhuis is in 'n stil woonbuurt in George geleë, net 5 minute van die middestad en restaurante af, 15 minute van George Lughawe af, naby die gholfbane in George, 15 tot 20 minute van strande af en naby al die hoof-besienswaardighede van die Tuinroete en Klein-Karoo. Die gastehuis is ook naby Yorkstraat, die George Munisipaliteit, die Eden District Munisipaliteit en die Burgersentrum.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cosy-Corner Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 120 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za