Cotswold House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cotswold Gastehuis het 'n unieke ligging by die poort na die Weskus in Kaapstad. Dié bekoorlike, historiese, Kaaps-Hollandse huis spog met asemrowende uitsigte op Tafelberg, Leeukop, Seinheuwel en oor die see.

Cotswold Huis het ook 'n uitsig oor die enigste ware "links"-gholfbaan in Suid-Afrika. Gaste kan heerlik ontspan in ons pragtige ontwerperstuin, beskutte swembad of patio. Die ontbytkamer, waar smullekker ontbyte bedien word, het 'n uitsig oor die swembad en patio met sy druiwe-prieel.

Al die slaapkamers is en suite. Die meeste badkamers het verhitte handdoekrelings en haardroërs. Elke kamer het 'n plafonwaaier, telefoon, TV, yskassie, kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, ketel en lessenaar. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan kies tussen 'n luukse, "executive", standaard of gesinskamer.

Ons luukse kamer, Montagu, bied wonderlike uitsigte oor die strandmeer, gholfbaan, en op Tafelberg. Ons bied ook veilige parkeerplek.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Switsers

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cotswold House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za